welkom by MiM
WAAROOR GAAN MENTORS IN MOTION (MiM)
MiM is ‘n nie-winsgewende organisasie wat daarna streef om begeleiding en ondersteuning te bied aan skole deur Mentors in die skole te plaas om emosionele- en geestelike leiding aan die leerlinge te bied.
Ons wil graag leerders help om emosioneel sterkter te wees, beter lewenskeuses te maak, sodat hulle volwassenheid met ‘n gebalanseerde uitkyk tegemoet stap.


Ons missie
Die leiding wat ons Mentors bied vind plaas deur middel van emosionele intelligensie ontwikkeling, redenering vaardighede, self regulering vaardighede, emosionele ondersteuning en ‘n gewillige oor om te luister na hulle probleme.
Ons wil graag help om leerlinge te bemagtig om emosioneel sterker te wees, streef om bo hulle omstandighede uit te rys, probleme te identifiseer en aan te spreek deur hoe hulle optree, dit ervaar en verwerk.
Ons VISIE
Deur Mentors in skole te plaas wil ons jong mense emosioneel en geestelik help groei en vir hulle leiding gee oor hoe om die swaar en moeilike dinge in die lewe te hanteer en verantwoordelike besluite te neem.
Ons VISIE is om in elke skool in Suid-Afrika ‘n Mentor te plaas wat saam met die bestuur en beheerliggaam werk om te verseker dat die volwassenes van die toekoms sterk morele waardes en ‘n diep geestelike fondasie het terwyl hulle emosioneel gebalanseerd is.
