ONS MENTORS
Wat presies doen ons Mentors by Skole
‘n Mentor is ‘n geestelike begeleier wat individueel en in groepverband help om jong mense te begelei en te ondersteun op hulle pad na volwassenheid, sowel as om ‘n eie geestelike pad saam met die Here te stap.
Ons Mentors help die skool op verskillende terreine: die aanbied van skoolopeninge, geestelike geleenthede tydens pouses en ook deur individuele gesprekke of geestelike begeleiding. Begeleiding en ondersteuning word ook aan die onderwysers, skoolpersoneel en ouers gebied.
‘n Mentor vorm deel van die skool se personeel en werk onder die sambreel van die skool, maar verteenwoordig deurentyd MiM in die skool. MiM is deurentyd onderhewig aan die gedragskode sowel as beleid van die skool en voldoen aan statutêre vereistes om met kinders te werk.
Ontmoet ons Mentors...








"IT TAKES A VILLAGE TO RAISE A CHILD"
Elke persoon oud en jonk het ‘n verantwoordelikheid teenoor die jeug van ons land. As jy wil bydra of betrokke raak, klik hier